Renoster- stroping skiet die hoogte in

LEPHALALE — Renosterstroping het die laaste maand geweldig toegeneem sê adjudant-offisier Jurg van Heerden, hoof van die Bedreigde Spesies Eenheid in die Waterberg-omgewing.

’n Swartrenosterbul is Donderdag 31 Oktober in die Baltimore-omgewing geskiet en albei horings is verwyder – drie spore is gevolg, maar geen arrestasies is gemaak nie. Volgens ao Van Heerden is die drie verdagtes op die teerpad opgelaai.

’n Witrenosterbul is op dieselfde dag in die Dorset-omgewing geskiet en beide horings is verwyder – weer eens is geen arrestasies gemaak nie, want die verdagtes is met voertuie opgelaai.

Vrydag 8 November is nog ’n witrenosterbul in die Steenbokpan-area geskiet en beide horings verwyder. Geen arrestasies is gemaak nie en drie verskillende spore is opgemerk.

Die tweede dooie witrenosterbul is Donderdag 14 November op dieselfde plaas in die Steenbokpan-area gevind. Volgens ao Van Heerden was dié bul vermoedelik tydens die stroping op 8 November gekwes. Albei horings is teruggekry.

Donderdag 14 November is ’n jong witrenosterbul in die Dwaalboom/Cumberland-omgewing geskiet en albei horings verwyder.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.