Renosterveiling — baie bie anoniem

Koei Gemma in Lot 4 met ‘n 27” horing wat vir R670 000.00 verkoop het
Koei Gemma in Lot 4 met ‘n 27” horing wat vir
R670 000.00 verkoop het

Die eerste Thaba Tholo Renosterveiling is op Donderdag 21 April deur Vleissentraal Bosveld aangebied. Altesaam 28 renosters is vir net meer as R9.4 miljoen verkoop.
Die veiling is deur Pelham Jones, voorsitter van die “Private Rhino Owners Association” geopen, waarna die 33 geregistreerde kopers kans gekry het om hulle uitgesoekte lotte te koop. Dit was opvallend dat die meeste kopers per telefoon gebie het om sodoende anoniem te kan bly.
Die duurste renosterkoei met ‘n bulkalf behaal R750 000, ‘n dragtige koei is vir R670 000 verkoop. Die prys van verse was bo verwagting goed. Dragtige verse behaal tot R480 000, terwyl kopers bereid was om R440 000 vir nie-dragtige verse te betaal.
Die volgende Thaba Tholo Produksieveiling sal op 15 en 16 September plaasvind.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.