Riana van KANSA van gebied na streek

Leoni Kruger
LEPHALALE — Riana Bronkhorst, Lephalale KANSA se gesig in die dorp met die ellelange titel as gemeenskapsmobiliseerder, is bevorder tot streeksbestuurder.
Vra mens vir Riana wat dit nou eintlik beteken, sê sy dadelik dit beteken sy hoef nie meer die Relay for Life-byeenkomste te reël nie, sy gaan dit nou net bywoon. “Ek hoef nie meer fondse in te samel nie, ek moet nou seker maak dat ander dit behoorlik doen” sê sy. Sy is verantwoordelik vir die hele Waterbergdistrik en Polokwane.
Sy sien baie uit na die opleiding wat sy gaan gee oor KANSA se hoofprojekte, naamlik Shavathon, RfL, KANSA Cuppa en die KANSA/Sanlam gholfdag.
Sy sê trots dat KANSA verlede jaar vir die eerste keer ook betrokke was by Tekkie Tax en dat die organiseerders gesê het hulle verkope het met 60% gestyg vandat KANSA betrokke is.
Sy gaan baie meer ry, maar sy is opgewonde oor die verandering. “Ek gaan dit baie mis wat ek gedoen het. Ek was vir drie jaar gemeenskapsmobiliseerder in Lephalale en mens leer die mense op ‘n ander vlak ken” sê sy.
Riana bedank elkeen wie se hand oop is vir KANSA en vir almal se samewerking en lojaliteit.
En o ja, KANSA het vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar die Golden Arrow-toekenning ontvang. Net nie-winsgewende organisasies mag daaraan deelneem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.