Ricardo groet

LEPHALALE — Kaptein Ricardo du Preez was vanaf 14 November 2009 tot Vrydag 13 Julie verbonde aan die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdienste in Lephalale.

Ricardo du Preez

Ricardo sê hy het in dié tyd baie gegroei in terme van sy loopbaan – veral in die korporatiewe kommunikasie-afdeling.

“Ek het baie mense ontmoet, baie vriende gemaak en baie goeie werksverhoudinge gehandhaaf en dit is al dié dinge wat ek sal saamneem na Pretoria, my moedereenheid waar ek gestasioneer was voordat ek Lephalale toe gekom het,” sê hy.

Ricardo sê dat dit vir hom ook ʼn voorreg was om die dorp gedurende hierdie bykans nege jaar te sien groei – die Lephalale Mall was byvoorbeeld nog nie eens deel van die dorp toe hy hierheen gekom het nie.

Ricardo bedank almal wat sy pad gekruis het en positief bygedra het tot sy menswees. Hy bid dat die dorp en sy mense nog steeds in die toekoms na eenheid sal streef en vir mekaar sal omgee, soos wat hy dit gedurende sy tyd in Lephalale beleef het.

“Tot weersiens!”

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.