SA Kalahari Red

Van links: Marius Dickonson van Naboomspruit wat die duurste ram gekoop het vir R12 500 van Rickus Bothma van Vivo. Hanteerder is Heinricht Human. Die ooi is verkoop deur Thabo de Klerk van Pearston vir R10 000 aan Chris Grant van Zimbabwe. Afslaer was Corne du Plessis. Langs Thabo is sy dogtertjie Nina.
Van links: Marius Dickonson van Naboomspruit wat die duurste ram gekoop het vir R12 500 van Rickus Bothma van Vivo. Hanteerder is Heinricht Human.
Die ooi is verkoop deur Thabo de Klerk van Pearston vir R10 000 aan Chris Grant van Zimbabwe. Afslaer was Corne du Plessis. Langs Thabo is sy dogtertjie Nina.

Leoni Kruger
Wholesome Afslaers het Saterdag 27 Februarie die SA Kalahari Red-klub se jaarlikse veiling in Pretoria by die Conrad Herbst Kleinveesentrum aangebied. Die veiling is voorafgegaan deur ‘n senior bokkursus en inligtingsdag.
Sakkie Nel en Johny Henderson van die Oos-Kaap het die kursus aangebied en die keuring van die veilingsdiere gedoen.
Verskeie onderwerpe rakende die kleinveebedryf is informeel en formeel aangespreek en van nader beskou.
Die Algemene Jaarvergadering is Vrydagaand gehou en ‘n nuwe uitvoerende komitee is gekies. Hulle is voorsitter – Paul Jordaan, ondervoorsitter – Jacques Engelbrecht, sekretaresse – Madeleine du Plessis, addisionele lede – Douw Dry, Faheem Kala en Thabo de Klerk.
83 ooie en agt ramme is Saterdag op die veiling aangebied. Trotse telers van regoor die land het deelgeneem. Die tien telers was Paul Jordaan, Thabo de Klerk, Antoinette en Douw Dry, Jaco van der Merwe, Jan Hepburn, Hermann Pheiffer, Deon Jacobs, Carmen van Wyk, Anton en Rickus Bothma en Danie Broekman.
Kopers het van so ver as Botswana en Zimbabwe opgedaag om top-genetika te bekom. Onder die hamer van Corne du Plessis is 24 kuddeooie verkoop teen R3 645 gemiddeld en 48 stoetooie teen R5 530 gemiddeld. Ses kudderamme se gemiddelde prys was R6 700.
Die duurste ram, ‘n kudderam, is verkoop vir R12 500 met verkoper Anton en Rickus Bothma van Vivo. Die koper was Marius Dickonson van Mookgophong (Naboomspruit).
Die duurste ooi is verkoop deur Thabo de Klerk van Pearston in die Oos-Kaap aan Chris Grant van Zimbabwe.
Die totale omset van die veiling was R389 950.
Volgens afslaer Corné du Plessis kan almal baie tevrede voel oor die pryse behaal – met inagneming van die droogte-impak.
Wholesome Afslaers en die Kalahari Red Klub bedank almal vir hulle belangstelling en ondersteuning. Skakel Madeleine du Plessis by 083 258 7394 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.