Sakelui help kinderhuis

BULGERIVIER — Tamboti Toyota, Mopani Bande, Autoboys en Kwena Electrical van Lephalale het onlangs seker gemaak dat die personeel van The Fold kinderhuis ’n dubbelkajuitbakkie teen ’n baie billike prys kon aanskaf.

The Fold is ’n organisasie wat hulle al vir jare beywer om weeskinders, mishandelde en verwaarloosde kinders by te staan en met liefde na hulle om te sien. Die stigters van die tehuis is ʼn man en vrou van die Verenigde State van Amerika en wat ondersteun word deur Prince Ministry in Suid-Afrika.

Die kinderhuis is geleë op ʼn plaas naby Bulgerivier tussen Lephalale en Vaalwater.

Die kinderhuis is totaal afhanklik van donasies en hierdie donasie deur sakelui in Lephalale is ’n merkwaardige gebaar.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.