SAPD bedrywig

VAALWATER — Lede van die Vaalwater Polisie het Vrydagaand 10 Junie ʼn operasie in Vaalwater/Lesideng uitgevoer waar vier ongedokumenteerde vreemdelinge in hegtenis geneem is. Ander alkoholverwante arrestasies is ook gedoen.
In uitbreiding vier van Lesideng is daar Sondag 12 Junie ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met die wrede verkragting van ʼn minderjarige kind. Die saak word verder ondersoek.
Na aanleiding van ʼn aantal gerugte onder gemeenskapslede oor intimidasie en geweld tussen lede van verskillende politieke partye in Lesideng het konst. Makhuvele van Vaalwater Polisie gesê daar nog geen sake rakende politieke geweld in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing by die Vaalwater Polisie aanhangig gemaak nie.
Niemand, van enige politieke party of as individue, wou ʼn amptelike persverklaring rondom hierdie saak met die Mogol Pos deel nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.