SAVF help steeds mense

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die SAVF in Lephalale doen ‘n beroep op die gemeenskap om steeds skenkings te doen vir behoeftige gesinne en mense wat in ‘n veilige omgewing by hulle gehuisves word.

 Hulle beklemtoon dat die persepsie dat hulle kinders van hulle ouers af wegneem nie waar is nie en dat hulle dit juis ten doel het om gesinne te versoen en om mense te help om uit hulle situasie te kom.
 Hulle doel is ook nie om mense noodwendig net finansieel te ondersteun nie. Hulle doen berading en gee bystand sodat die mense leer hoe om finansieel onafhanklik te leef.
 Produkte waaraan daar ‘n groot behoefte is, is nie-bederfbare produkte soos doeke, babamelk, koffie, tee, lang lewe-melk, ontbytpap, toiletware, onderklere, ens.
 Hulle het tans ‘n hele paar vroue wat in die deurgangshuis gehuisves word, maar daar is nie fondse om vir hulle kos te gee nie.
 Hulle doen ook ‘n beroep op die eienaars van groot maatskappye om die moontlikheid van ‘n maandelikse aftrekorder te oorweeg sodat daar altyd fondse beskikbaar is in gevalle van nood.
 Skakel Suretha Barnard by 061 300 2265 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.