SAVLU betrokke by RSG-projek

LEPHALALE — Die Suid-Afrikaanse Vroue Landbou-unie (SAVLU) het ingeskakel by RSG – Tjailatyd se nuwe projek – Die Reuk van Grond”.
Tharina Rossel, president van SAVLU, het verlede week met Amoré Bekker, aanbieder van Tjailatyd en skepper van die projek, gepraat en gesê dat die SAVLU uiteraard baie landboukontakte het en graag wil deel wees van en ʼn positiewe bydrae lewer tot die projek.
Met die aankondiging van haar nuwe projek het Amoré gesê hulle wil graag hê mense wat op plase woon en werk moet deel word van die projek, want daar is so baie mense wat na hulle wil uitreik, maar hulle weet nie hoe nie of waar om te begin nie.
“As jy daagliks eet, is jy afhanklik van ‘n boer en plaaswerker. Almal sukkel met die droogte. Kom ons gee iets aan ons landbougemeenskap wat geld nie kan koop nie. Ek wil stedelinge en die landbougemeenskap bymekaar uitbring, sodat ons in die stad en op dorpe die boer, plaaswerker en boervroue emosioneel kan ondersteun. Ons is almal so lief vir hierdie land, kom ons maak dit werk….kom ons begin by Hoop. Skakel in by Tjailatyd, volg my by @amorersg #reukvangrond” het Amoré gesê.
Hoe werk dit?
Gaan na rsg.co.za se webblad en kliek op die skakel in die paragraaf – Die reuk van grond of besoek www.savlu.co.za. Kliek op die skakel regs bo wat lees “Die reuk van grond”. Dit is die blad waar mense wat hulp aanbied hul name plaas.
Indien jy graag met iemand wil kontak maak, gaan dan deur al die name en e-posse wat gelys is. Kliek op die nommer om ʼn bladsy oop te maak van iemand met wie jy wil kontak maak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.