SBP VLU vier 21 jaar

STEENBOKPAN — Elf lede van Steenbokpan VLU het die 21ste VLU Bosveldstreekkonferensie in Vaalwater bygewoon. Die lede het goed gevaar met hul kompetisie-inskrywings.
Lorraine Frost behaal ‘n eerste plek met haar voëlskildery en die res van die lede doen behaal almal goeie plekke met hulle artikels.
Illana Venter behaal ‘n derde plek as Skakel van die Streek.
Die lede is veral trots op Lorraine Frost wat gekies word as Bosveldstreek se VLU Lid van die Jaar. Hulle sê dit was ook ‘n hoogtepunt om VLU Noord se Persoonlikheid van die Jaar, Surita Steenkamp (van Steenbokpan VLU), saam met hulle by die konferensie te hê.
Die lede van Steenbokpan bedank die lede van Vaalwater VLU vir die suksesvolle konferensie wat hulle aangebied het.
Skakel Joan Beukes by 014 766 0186 of Ilana Venter by 014 779 0608 vir meer inligting oor Steenbokpan VLU se doen en late.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.