Sedibeng-leerders beloon

V.l.n.r: Tanya Nel, Johan van Rensburg, Ronald Selokela, Kgomotso Sehlake en Charné van Wyk
V.l.n.r: Tanya Nel, Johan van Rensburg, Ronald Selokela, Kgomotso Sehlake en Charné van Wyk

LEPHALALE — Sedibeng Gekombineerde Skool het Donderdagaand 10 November ‘n spesiale prysuitdelingsfunksie by die skool gehou om leerders te beloon vir harde werk deur die jaar.
Die geleentheid is geopen deur pastoor Billy Davies. Sy boodskap was dat enige mens die potensiaal het om ‘n sukses van sy lewe te maak deur harde werk en geloof in hom- of haarself en in God.
Leerders wat trofeë ontvang het is Tanya Nel vir beste presteerder: Intermediêr, Johan van Rensburg vir beste vordering: Intermediêr, Ronald Selokela vir die beste presteerder in graad 6, Kgomotso Sehlake vir die beste presteerder in graad 8 en Charné van Wyk vir beste vordering: Grondslag.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.