Sedibeng swierig en stylvol

LEPHALALE — Sedibeng se graad 9-LSEN en graad 7-gehoorgestremde leerders het Vrydag 26 Oktober hul jaarlikse afskeidsfunksie by Machauka Lodge gehou.

Trots Sedibeng!

Die leerders het vanaf 17:00 swierig en stylvol opgedaag vir dié spesiale geleentheid. Daar is met groot entoesiasme geposeer vir foto’s met Henning Harmse se vintage-bakkie as agtergrond vir die fotosessie.

Later die aand het almal gesmul aan die kos wat voorgesit is en daarna is danspassies op die dansbaan uitgevoer.

ʼn Bonus was dat mnr Derrick Olivier, onderwyser en groot gunsteling by Sedibeng se senior leerders, sommer sy 65ste verjaardag ook gevier het en ʼn sielvolle toespraak gelewer het. Die aand is op ʼn positiewe noot afgesluit.

Die personeel en leerders van die Sedibeng Skool bedank Marius Coetzee van Elegant Fuel van harte dat hy bereid was om die hele geleentheid vir die leerders finansieel moontlik te maak

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.