Sedibeng word bederf

Tessa Pugh van Sedibeng, Ria Strydom, Monique Kotze en die Amerikaanse besoekers saam met die kinders van Sedibeng. Ria het Monique, ʼn leerder van Breinlyn-aanlynskool, vroeër gehelp om ʼn kombersieprojek aan die gang te kry en sy kon van die komberse aan die kinders uitdeel. Sy bedank ook almal wat gehelp het om die komberse te brei

LEPHALALE — Die leerders van Sedibeng Doweskool in Onverwacht is verlede week behoorlik bederf toe gaste van Amerika dié skool besoek het.
Amerikaners, wat jaarliks ʼn wildplaas in die omgewing besoek, wou graag iets doen vir ʼn skool in die omgewing. Ria Strydom, voorsitter van VLU Bosveldstreek, het aanbeveel dat hulle Sedibeng besoek en sy het dadelik reëlings begin tref om ʼn besoek te reël.
Jen, Norissa, Lindsay en Mindi van Girls With Guns (GWG), het die vleis van die wild wat hulle geskiet het aan die skool geskenk en elke kind het ʼn verrassingspakkie ontvang.
Die pakkies het bestaan uit seep, ʼn waslap, ʼn tandeborsel, tandepasta, koekies, lekkers, koeldrank en ‘n waterbottel.
Die wildplaas en VLU bosveldstreek het ook beide agt 12,5 kg sakke mieliemeel aan die skool geskenk.
Ria sê dit was ʼn besondere voorreg om iets te kon doen vir die leerders by Sedibeng en sy hoop dat hulle volgende jaar by ʼn soortgelyke projek betrokke kan wees.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.