Sekelbos fnuik skelms

Piet Kruger se sekelbosplan
Piet Kruger se sekelbosplan

Leoni Kruger
LEPHALALE — Piet Kruger het genoeg gehad van kriminele. Hy moes al duisende rande opdok om sy plek en ook die woonplekke van huurders op sy perseel, te beveilig. Maar, sê hy, niks skrik die inbrekers af nie. Hy dink egter hy het die regte afskrikmiddel gevind. En dit is boonop gratis.
“Ek het begin deur oral diefwering by deure en hekke en vensters te installeer. Daarna veiligheidshekke met groot ingewikkelde slotte. Omheinings. Kameras oral buite op die perseel. Daarna laserstrale rondom al die wooneenhede.
Tog sê Piet het boewe kort na die installering van die laserstrale ‘n voertuig van die perseel af gesteel. Hulle het ‘n gat van ongeveer een meter diep al om die grensdraad gegrawe.
Die drade is egter steeds geknip.
Sy sesde poging om die kriminele buite te hou blyk suksesvol te wees. Hy het sekelbostakke al langs die grensdraad gepak. Styf teen mekaar. Sedertdien het hy nog nie weer een poging tot huisbraak of huisbraakvoorval op die perseel gehad nie.
Piet versoek enigiemand wat ‘n beter wenk het en dit reeds positief beproef het, om dit met die lesers te deel. Saam maak almal dalk ‘n verskil!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.