Sekuriteitsbeamptes opgelei

Sekuriteits-lede-kry-opleiding-1
Lede van sekuriteitsgroepe en wildsreservate in die Waterberge wat deel was van die drie weke lange spesiale opleidingsprogramme in aksie

VAALWATER — Lede van ʼn aantal sekuriteitsmaatskappye en wildsreservate in die Waterberg-omgewing het onlangs deelgeneem aan ʼn spesiale opleidingsessie wat oor drie weke gestrek het.
“Die doel van die opleiding was om samewerking tussen sekuriteitmaatskappye te versterk asook om die manne wat dag en nag na ons veiligheid kyk, se vaardighede te verbeter,” sê Kassie Knoetze, direkteur van sekuriteit by Welgevonden Privaat Natuurreservaat.
“’n Voormalige spesiale lugdiens (Ex-SAS) operateurs, wat deel vorm van ‘n faksie in die Britse Weermag, het die opleiding behartig en ons manne weer opgeskerp,” het Knoetze gesê. Hy was baie beïndruk met die operateurs.
“Ons wil die lede van ATS bedank vir hulle opleiding asook Outlook Industrieë in samewerking met Prins William van Engeland wat die opleiding moontlik gemaak het. Daar sal in die komende maande weer geleentheid wees waar die manne op vlak twee sal begin met die opleiding,” het Knoetze gesê.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.