Selfoonsein ʼn luukse

MARKEN — Al gewonder waarom jou selfoon die laaste tyd gereeld nie opvangs het nie?
Min van die buite-selfoontorings het batterye ter ondersteuning in gevalle van beurtkrag of ander kragonderbrekings, want dit word gesteel. Die kragopwekkers het ook nie diesel nie, want dit word ook gesteel.

Geen batterye en geen diesel.
Volgens Cois van Tonder, ʼn boer in die Markenomgewing, het hulle verlede naweek tot middernag agter verdagtes aangehardloop wat die batterye van ʼn selfoontoring gesteel het op sy broer se plaas.
Sonder diesel vir die selfoontorings is dit ʼn verlore saak.

Volgens Van Tonder is daar ook onlangs in die Baltimore- en Tolwe-omgewing selfoontoringbatterye gesteel en die hele area sukkel met behoorlike selfoonopvangs.

Teen druktyd het die selfoondiensverskaffer van dié spesifieke toring steeds geen poging aangewend om die batterye te vervang, terug te plaas of die boks te herstel nie.

Volgens kolonel Daniel Ramakgoakgoa, Lephalale Polisie Stasiebevelvoerder, het batterydiefstal in Lephalale die laaste week of twee afgeneem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.