Seniors bederf

Graad eentjies sing vir die seniors

Ria Wells
LEPHALALE — Oumas en oupas van leerders van Hardekool Akademie het verlede Vrydag saam met die inwoners van SAVF Maroela-oord ‘n besondere dag van vermaak, watertand warm wintersop en lekker soetgoed by die oord geniet.
Dit is nou al ‘n jaarlikse instelling dat die skool ‘n bederfdag vir oumas, oupas en die inwoners van die oord hou. Wilma Muller, hoof van Hardekool Akademie het tydens die geleentheid gesê: “grootouers is die skakel tussen ons hede, verlede en toekoms. Oumas en oumas gee vir kinders en kleinkinders ‘n prentjie, ‘n idee van waar ons vandaan kom. Hulle hou die goue onthou-jy-sleutel van familiegeskiedenis in hul sagte hande en harte om dit te beskerm en te bewaar vir ons kinders en kleinkinders”.
Dit was duidelik dat die seniors dié dag baie geniet het. Van hulle het gesê dat dit hulle ver laat terugdink het aan hul eie kinder- en skooljare en dat hulle die mooi gebaar vanaf Hardekool Akademie se kant opreg waardeer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.