Seniors bederf

Inwoners van SAVF Maroelaoord saam met Mathilda, Corné en Andria
Inwoners van SAVF Maroelaoord saam met Mathilda, Corné en Andria

LEPHALALE — Die inwoners van die SAVF-Maroelaoord is Saterdag 16 Julie deur die dames van Hair Waves bederf met gratis haarstilering, -sny en mooimaak van naels in die gerief van hul eie tuistes by die oord.
Marlene Basson en Kevin van den Berg, eienaars van Hair Waves, glo dat die oord se inwoners gepamperlang moet word, aangesien hulle nie almal in die posisie is om ‘n voertuig te kan bestuur na ‘n salon toe nie.
Die dames wat die mooimaaksessie waargeneem het is Mathilda Janse van Rensburg, ‘n haarkapstersassistent, Andria du Plessis, haarstilis en bestuurder en Corné Pavier, die naeltegnikus. Dié drie dames sê dat dit vir hulle ‘n prettige dag was saam met die pragtige en humoristiese inwoners van die oord. Hulle is glo ‘n vrolike klomp en het die dames baie welkom laat voel en natuurlik het die komplimente oor en weer gevlieg! Daar was selfs dames wat so waaghalsig was en naelkuns op die proef gestel het! Die bekkige en jonge Louise Fourie (13) se taak was om te help skoonmaak en die inwoners geselskap te hou.
Die drie dames bedank Marlene vir die geleentheid wat sy gereël het – die hele Saterdag is spesiaal opsy gesit vir die mooimaaksessie by die oord.
Besoek Hair Waves gerus in die Onverwacht Sakesentrum (skuins oorkant Mike’s Sportsbar). Skakel hulle by 076 436 2164 vir afsprake. Besigheidsure is van Maandag tot Vrydag vanaf 8:00 tot laat (op afspraak).

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.