September is Boomplantmaand

Kobus Roux (082 923 0917)
Die gekose bome van die jaar 2018 is die geelhout en witgat.

Beide hierdie bome is beskermde boomspesies waarvan die witgat algemeen in die Bosveld voorkom. Daar is ook die bekende stinkwitgat met sy klein blaartjies wat nou reeds in blom is en waarvan die reuk eg kenmerkend vanaf einde Augustus tot September voorkom. Daar is nege spesies witgatbome in Suidelike Afrika.

Van verskeie boomgrootte-rekords in die wêreld is dít die boom wat volgens aantekening die rekord het vir die langste/diepste wortel. Die aantekening is gedoen in ʼn oopgroefmyn in die Noord-Kaap.

Die geelhoutfamilie bestaan uit vier spesies, naamlik podocarpus elongatus (breederivier geelhout – boom nommer 15), podocarpus falcatus (outeniekwa geelhout – boom nommer 16), podocarpus henkelii (Henkel se geelhout – boom nommer 17) en podocarpus latifolius (opregte geelhout – boom nommer 18).

Alhoewel die Bosveld nie ʼn geelhoutvriendelike omgewing is nie, is dit tog goed om te weet dat dit natuurlik in die Kransberge voorkom sowel in gebiede soos Tzaneen en Blouberg (Limpopo). Blouberg (Limpopo) beklee ʼn posisie in die topvyf vir die hoogste geelhoutbome in Suid-Afrika.

Daar kan nog baie oor die bome van die jaar uitgebrei word. Die belangrikste is dat mense sal onthou om inheemse bome te plant wat aard en sal floreer in die Bosveld.

(Skakel Kobus gerus by 082 923 0917 vir meer inligting oor inheemse bome – Red)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.