Ses vir Sumé!

LEPHALALE — Sumé Venter het haar IEB (International Examination Board) matriekeksamen met ʼn volle ses onderskeidings geslaag.

Sumé woon in Lephalale, maar het skoolgegaan en gematrikuleer aan die CVO Skool in Potgietersrus (Mokopane).

Sy behaal onderskeidings in Afrikaans, Engels, Christelike Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Wiskunde en Lewenswetenskap en ʼn 78% vir Fisiese Wetenskap.

Sy gaan BCom Rek aan die Noordwes Universiteit studeer en sy sê sy sien verskriklik uit daarna.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.