Sewes maak skoonskip

Die manne van die Sewes-eerste span

LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se sewes-rugbyspan het Saterdag 24 Augustus aan ʼn toernooi, aangebied deur Hoërskool Pietersburg, in Polokwane deelgeneem.

EHS se tweede span het verloor, maar die eerste span het skoonskip gemaak en as Wenners van die Dag weggestap.

Dié span het onder andere gespeel teen die spanne van Hoërskool Nylstroom, Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Piet Potgieter en die finaal teen Hoërskool Merensky.

Die span se afrigter, James Marx, sê daar lê ʼn opwindende seweseisoen voor!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.