Skaapkop vir jou?

LEPHALALE — Hardekool Akademie se graad 6-leerders en hulle ouers het Vrydagaand 1 September ʼn “skaapkopaand” gehou om fondse in te samel.
Erik de Milander van Clanwilliam was die seremoniemeester en hy het die gaste deurentyd vermaak – veral met sy demonstrasie oor hoe om ʼn skaapkop te eet!
Dié “stiefkind van die spyskaart” het Vrydagaand definitief ʼn hele paar mense hulle vooropgestelde idees laat vaar oor die eet van ʼn kop. Daar is lekker gesmul …
Die skool bedank elkeen wat hulle ondersteun of bygedra het daartoe dat dié eerste geleentheid van vele so ʼn groot sukses was.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.