Skemer-aktiwiteite

LEPHALALE — Die lede van die VLU se Skemertak het Dinsdag 14 Mei hulle maandvergadering gehou en volledige terugvoer is ontvang oor die kongres.

Trudie (voorsitter) en Marcelle Steyn

Die lede wens Marcelle Steyn, wat ʼn spesiale prys ontvang het in die fotografie-afdeling, baie geluk.

Hanneline Joubert het ʼn hele paar handige noodhulpwenke verskaf – onder andere oor hoe om op te tree in noodgevalle en hoe om skok te hanteer.

Na afloop van die ernstiger sake het almal heerlik gekuier met gesonde peuselhappies en heerlike warm sop, voorgesit deur die gasvrouens Hanneline en Angie Ellis.

Die Skemertak se volgende vergadering is Dinsdagaand 11 Junie vanaf 18:00 by Hippostraat 13. Alle dames wat nie deel van die VLU is nie omdat hulle bedags werk, word uitgenooi om by die Skemertak aan te sluit.

Skakel Trudie Bronkhorst by 079 040 3044 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.