Skemer verbly kinderharte

skemertak

LEPHALALE — Die Skemertak van die VLU het onlangs ‘n hele klomp kinderharte bly gemaak toe hulle die Lethlabile dagsorgsentrum en kleuterskool in Marapong besoek het.
Die personeel van die dagsorgsentrum en kleuterskool versorg en hanteer daagliks sowat 50 kinders – van babas tot ‘n goed voorbereide graad R-klas onder leiding van Rosinah Seloba en haar span onderwysers.
Die Skemertak ondersteun die kinders dwarsdeur die jaar met skenkings van speelgoed. ‘n Boom is ook verlede jaar geplant. Die hoogtepunt van die jaar bly egter altyd die Kerspakkies wat aan die einde van die jaar uitgedeel word. Vanjaar se reuse verrassingspakkie is afgelewer deur Tharina Rossel en Elana Greyling van Skemer VLU. Die kinders het hulle dankbaarheid deur middel van sang en dans bewys.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.