Skemer VLU bly aktueel

LEPHALALE — Skemer VLU se onlangse vergaderingtema was ‘Aktueel’. Belangrike sake is bespreek.
Adri Bezuidenhout het met lede gesels oor voorsorgmaatreëls wat ‘n huiseienaar kan tref om hulleself en hul eiendom te beveilig. Trudie Bronkhorst het heelwat navorsing gedoen oor gevaartekens waarvoor mens op die uitkyk moet wees om bedag en voorbereid te wees in geval van ‘n rooftog of aanval.
Elana Greyling het inligting gedeel oor die skokkende feite van die stand van mensehandel in Suid-Afrika. “Ons land is tegelyk ‘n bron, ‘n deurgang en ‘n bestemming vir kriminele wat handel in mense!” Die inligting is genoeg om enige moederhart vir ewig slapelose nagte te besorg.
Sy het ook ‘n projek voorgestel waarin dames ‘n helpende hand kan uitreik na slagoffers van seksuele misdade en ander misdade teen vroue en kinders in Lephalale.
Adri het ook waardevolle feite gedeel oor die prosedure wat gevolg moet word wanneer jy in ‘n motorongeluk beland.
‘n Nuwe skakelbeampte is aangewys om die leisels oor te neem by Tharina Rossel, wie se take as SAVLU-president haar baie besig hou. Die nuwe skakelbeampte is Angy Ellis.
Die volgende vergadering se tema is “Kreatiwiteit” en interessante demonstrasies oor kantversiering en ander kreatiewe idees sal gegee word.
Die vergadering word op Dinsdag 11 Julie vanaf 18:30 by Hippostraat 3 gehou.
Skakel Elana by 082 863 8696 of Lenie Brink by 082 770 6917 vir besonderhede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.