Skemer VLU geïnspireer deur lap

LEPHALALE — Ann Nel, wat ‘n kwiltwerk-onderneming in Polokwane het, het die lede van die VLU se Skemertak in Lephalale besoek.
Sy en haar seun, Nico, ‘n naaimasjien-fundi, het hulle Husqvarna-masjiene gedemonstreer.
Dié naaimasjiene kan die mooiste patrone borduur, sê Tharina Rossel, voorsitter van die SAVLU. Dit kan boonop stik, garing inryg en knope aanwerk – kortom dié masjiene toor met lap.
Tharina sê Ann het van die vaardige tot die beginner-naaldwerksters met ‘n wavrag vol inspirasie aan die gang gekry.
Dié reuse-kompetisie is deur die SAVLU in samewerking met Husqvarna geloods, onder leiding van Tharina Rossel.
Tharina sê dit is ‘n eenvoudige kompetisie wat vir elke vrou die geleentheid gee om haarself uit te daag en haar talente ten toon te stel. Die dames moet ‘n kussing maak wat met die masjien versier word. Ann het eenvoudige tegnieke soos knoopsgate, opnaaisels en steke gedemonstreer en wat elke masjien kan doen – met asemrowende resultate.
“Die idee is om jou eie kreatiwiteit te toets, nie om die prys van jou masjien ten toon te stel nie,” sê Elana Greyling, voorsitter van die Skemertak. Sy sê sy verwag dat daar fantastiese skeppings uit die tak te vore sal kom ná al dié inspirasie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.