Skemer VLU — koekiekuns en orde!

LEPHALALE — Die lede van die VLU Skemertak het met hulle byeenkoms in Augustus weer eens bewys daar is kuns in enige ding en enigiemand kan skeppend wees.

Ria Strydom demonstreer die wonder van versiering

Ria Strydom, voorsitter van die Bosveldstreek, het gedemonstreer hoe om koekieversierings te maak wat ʼn professionele sjef sal laat bloos. Sy het gewys hoe maklik dit is om ʼn gewone winkelkoekie asemrowend te laat lyk met ʼn versierwondermengsel.

Met ʼn bietjie kreatiwiteit gaan die lede van Skemertak vanjaar vir seker die mooiste kerskoekies voorsit.

Trudie Bronkhorst, voorsitter, het lede gehelp om elkeen ʼn persoonlike lêer op te stel. Dié lêer kan help om jou lewe beter te organiseer en chaos uit te skakel. In geval van nood maak dié lêer dit ook maklik om naasbestaandes en ander noodsaaklike inligting maklik te kry.

Lede het hard gewerk aan hulle lêers en hulle sê hulle is nou oorgehaal om hulle sake in orde te kry.

Die volgende vergadering word beplan vir 11 September. Skakel Trudie Bronkhorst by 079 040 3044 of Elana Greyling by 082 863 8696 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.