LEPHALALE — Die VLU se Skemertak het onlangs hulle sewende verjaarsdag gevier met balonne, liggies, kersies en ʼn eenhoring-koek waarvan elke sewejarige droom!

Marcelle Steyn van Biekielap het ʼn werksessie aangebied en bewys dat elke mens iets kreatief kan doen met ʼn stukkie lap en ʼn naald. ʼn Paar van die vroue was self verbaas om te sien wat hulle reggekry het.
Trudie Bronkhorst, voorsitter, het die laaste detail bespreek oor die tak se groot planne vir die Skemertak Fiesta. Die Fiesta word beplan vir Saterdag 11 Augustus vanaf 9:30 by die nuwe saal van die Hervormde kerk Ebenhaeser.
Die tema is “vintage en pêrels”. Dra ʼn skepping op jou kop en ʼn string pêrels om jou nek en maak jou reg om asemrowend te voel en lekker bederf te word.
Skakel Trudie by 079 040 3044 of Elana Greyling by 082 863 8696 vir meer inligting.