Skemertak maak opslae

Mary Ann Leask, Vera du Preez, Delmarie van Zyl, Elana Greyling en Susanna Eckard
Mary Ann Leask, Vera du Preez, Delmarie van Zyl, Elana Greyling en Susanna Eckard

LEPHALALE — As een van Bosveldstreek se jongste takke, het VLU Skemertak behoorlik opslae gemaak by die afgelope streekskonferensie te Vaalwater.
Skemertak, waar kompetisies nie die hoogste prioriteit is nie, het vyfde in die streek geëindig. Delmarie van Zyl het behoorlik uitgeblink met al haar pryse. Sy het die trofee gewen vir die lid met die meeste provinsiale pryswennende artikels, derde hoogste punte vir provinsiale artikels, eerste pryse vir fotografie, gebak (soutbeskuitjies) en gebak (papawersaadkoek) en derde vir kuns en blommerangskikking en vierde vir mosaïek. Mary Ann Leask het ‘n eerste prys behaal vir haar blommerangskikking.
Elana Greyling het haar 20 jaar-lidmaatskapknopie ontvang en Delmarie van Zyl haar 10 jaar-knopie.
“Skemer-aandtak is ‘n tak met ‘n unieke karakter wat fokus op die verryking van ons lede. Ons is baie trots om ook vir hulle die geleentheid te gee om hulle talente te ontdek en te ontwikkel,” sê Elana, takvoorsitter.
Skemertak VLU se volgende vergadering is geskeduleer vir 29 Maart vanaf 19:00 by Hippostraat 3 met die tema: “Werk saam aan ‘n beter toekoms”.
Skakel gerus vir Elana Greyling by 082 863 8696 of Tharina Rossel by 082 785 4828 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.