Skenk water vir droogtegeteisterde gebiede

LEPHALALE – Midas Onverwacht hou Donderdag deur die loop van die dag ‘n waterbewustheidsdag waar worsbroodjies, ens, te koop aangebied word. Die hoofdoel is om vanaf Donderdag tot en met volgende Woensdag soveel as moontlik water te versamel om per koerier na droogtegeteisterde plekke in die Noord-Wes – en Vrystaat Provinsie te stuur.
 Die afgelope reëns in dié omgewing verlig nie hulle waterprobleem nie aangesien pompe slik ingekry het en eers reggestel moet word voordat enige water gepomp kan word. Op hierdie stadium word slegs 10 liter per dag per persoon toegeken deur middel van skenkings deur besorgde persone.
 Christo Bronkhorst van Midas Onverwacht doen ‘n beroep op die gemeenskap om water in houers na hulle tak in Onverwacht, h/v Dopperkiaat en Walter Sisulu te neem.  
 Dit is belangrik om die houers te merk of dit geskik is vir menslike gebruik (drinkwater) of vir dieregebruik.
 Dink gerus aan die gemeenskappe van drooggesteisterde gebiede en bring jou kant vir ‘n goeie doel – water uit die hand van Bo.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.