‘Slaan ‘n bal’ vir Kindersorg

LEPHALALE — Die Nederduitsch Hervormde Kerk se Onverwacht gemeente hou hulle jaarlikse gholfdag op 20 Mei 2017 by die Mogol gholfbaan.
Vanjaar word hierdie dag aangebied ten bate van Kindersorg en die hele gemeenskap word uitgenooi om deel te neem en dit by te woon om hierdie goeie saak te ondersteun.
Donasies word nog benodig vir pryse en daar is steeds ‘n aantal putjies beskikbaar vir borgskappe.
Die dag sal afgesluit word met die gebruiklike funksie en veiling ten bate van Kindersorg.
Inskrywings kan gedoen word by die Mogol Pro Shop.
Skakel Jan by 086 640 4818 of Anèl by 074 441 3416 vir enige navrae.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.