Slaggate nou noodsituasie

Swaar verkeer en reën is die grootste oorsake van slaggate en dit is moeilik om tydens die reënseisoen ’n korttermynoplossing te kry.

Die slaggatprobleem het egter nou so erg geraak dat dit behoorlik kophou kos om al die gate en walle mis te ry, Padverbruikers moet meer as ooit versigtig wees om enige skade aan voertuie te vermy.

Grondpaaie is tydens die reënseisoen ook in ʼn haglike toestand en plek-plek selfs onrybaar en ons gaan in ʼn volgende uitgawe daaroor berig.

Omdat die reënweer veroorsaak dat geen herstelwerk nou gedoen kan word nie, is Mogol Pos besig om met verskeie rolspelers dié probleem op te neem. Lesers kan slaggatfoto’s en ander padskades wat ongelukke kan veroorsaak stuur na editorial@mogolpos.co.za.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.