Sluit plaashekke

Leoni Kruger
LEPHALALE — Daar was die afgelope tyd ‘n paar voorvalle op verskillende plase waar die eienaars vreemde mense op hulle grond opmerk.
Een van die grondeienaars sê dat die vreemde persone ongeveer 2, 3 km binne-in die plaas was en beweer het hulle “soek iets om te koop”.
George du Toit, wat verlede week die vergadering van die landelike veiligheidsforum gelei het, het alle grondeienaars versoek om seker te maak dat die plaashekke gesluit is sodat vreemdes nie sommer net by die hek kan instap nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.