Soektog na Scott afgelas

Scottie het soveel mense se
lewens aangeraak

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die soektog na Scott van Zyl (44), beroepsjagter en eienaar van die jagonderneming SS Pro Safaris, wat verlede Vrydag 7 April in Zimbabwe by die Chikwaraka-kamp onverklaarbaar weggeraak het, is Sondag 16 April amptelik afgelas.
Moontlike menslike oorskot en deel van ‘n skoen is in krokodille gevind. Die oorskot is na ‘n privaat forensiese ondersoeker gestuur om DNS-toetse te doen.
Volgens Sakkie Louwrens van die Heritage Protection Group (HPG), ‘n privaat misdaadondersoekgroep wat deel van die reuse-soektog na Scott was, is die deel van die skoen wat gevind is soortgelyk aan skoene wat Scott gedra het. Louwrens het bevestig dat die soektog vir eers amptelik afgelas is.
Sure en die hele familie bedank elke persoon en instansie, vriende, familie, kennisse en vreemdelinge uit hulle harte vir die ongelooflike ondersteuning wat hulle ontvang het sedert Scott se verdwyning bekend geword het. “Dit is te veel om te noem, ek weet net ons is diep geraak deur die hoeveelheid mense wat vir Scott lief is en wie se lewens hy aangeraak het. Die reaksie en ondersteuning was en is steeds verbysterend” sê sy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.