Solar Ark sit skeptici koud

LEPHALALE — Mogol Pos het gedurende 2019 berig oor die revolusionêre patent wat deur Neels Gouws van NG Verkoeling ontwerp is. Hy het ’n koelkamer herbou wat slegs met sonkrag werk en het die omskakeling van ’n lugverorger daarvoor ingespan.

Neels het dus met hierdie nuwe en unieke uitvindsel met nuwe tegnologie ’n stelsel ontwerp teen ’n fraksie van die koste van ’n konvensionele koelkamer wat met elektrisiteit, of erger, met ’n kragopwekker funksioneer.

Neels meld dat met Eskom se onstabiele kragverskaffing hy geweet het dat daar ’n gaping in die mark raakgeboor is ten spyte van skeptici wat van mening was, en nog steeds is, dat dit nie sal werk nie.

Hy is in vennootskap met Niël Oelofse van Centurion wat assisteer met die patent en die registrasie en so het Solar Ark die lig gesien.

Niël, wat oor ’n regsgraad beskik, is ook die skakel tussen die verkoelingskonsep en die integrasie met die solarsisteem en assisteer met die kommersiële en regsaspekte van die besigheid.

Neels en Niël het Vrydag 7 Februarie die eerste mobiele verkoelingswa by die NTK ten toon gestel en dit het wye belangstelling uitgelok. Die batterye en omskakelaar word binne in die verkoelingswa gemonteer om ’n langer leeftyd te verseker. Dié patent, hoewel dit ontwerp is vir verkoeling kan die volgende besighede ook tot diens wees: jagters, besighede wat van verkoelingstoerusting afhanklik is soos medici, hospitale, bloemiste en selfs informele nedersettings, alhoewel dit nie beperk is tot mobiele verkoeling nie.

Dié gebruikersvriendelike sisteem kan ook vir die gewone huisbewoner geïnstalleer word. Die sisteem kan suksesvol gedurende beurtkrag gebruik word vir ligte, yskaste, waaiers, TV’s, skootrekenaars, selfone, ens. wat nie 2,5 kWh oorskry nie. Die omskakelingstoorkrag is ’n “pure signwave”-kraglewering wat gelykstaande is aan Eskom se wisselstroom. Die “inverter” skakel direkte stroom van 24 V na ’n 22 V wisselstroom om.

Solar Ark maak gebruik van Kanadese solarpanele (monocrystalline) wat haelbestand is en baie meer effektief herlaai in swakker weersomstandighede, soos gedurende onweersdae.

Dit lyk dus die ideale oplossing te wees vir persone wat nie van Eskom se kraglewering afhanklik wil wees nie. Die feit dat ekonome boonop voorspel dat daar vir die volgende drie tot vyf jaar nie lig aan die einde van die tonnel gaan wees nie, maak dit die beste belegging vir enige privaat huishouding of besigheidseienaar.

Skakel Neels van Solar Ark by 072 124 2479 of Niël by 083 265 9671 of stuur ’n e-pos na SolarArk777@gmail.com vir meer inligting oor hierdie revolusionêre uitvindsel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.