@SOLD bring gerief

V.l.n.r: Jan Beyer, Mogolklub gholfbestuurder, Arona Rossouw van @SOLD, Natali Espag, Annemie Breedt en Liezel Geyser van die 2015 damesgholfdagkomitee, Tommie Miller van TCM Konstruksie, Dorette Steyn van die 2015 damesgholfdagkomitee en Francois Campher van @SOLD
V.l.n.r: Jan Beyer, Mogolklub gholfbestuurder, Arona Rossouw van @SOLD, Natali Espag, Annemie Breedt en Liezel Geyser van die 2015 damesgholfdagkomitee, Tommie Miller van TCM Konstruksie, Dorette Steyn van die 2015 damesgholfdagkomitee
en Francois Campher van @SOLD

Leoni Kruger
LEPHALALE — Arona Rossouw en Francois Campher, eienaars van @SOLD Properties, het Woensdag 6 Julie amptelik die sleutels van die splinternuwe ablusiegeriewe by Mogolklub se gholfbaan aan Jan Beyer, gholfbestuurder, oorhandig.
Volgens Arona het die 2015 damesgholfklubkomitee verlede jaar se gholfdag aangebied met die uitsluitlike doel om fondse in te samel vir ablusiegeriewe vir die dames wat gholf speel. “Dit word warm in Lephalale en ‘n mens moet maar kort-kort iets drink om dehidrasie te voorkom en anders as die manne, wat sommer agter ‘n boom staan, was dit nie vir die vrouespelers so gerieflik nie” sê Arona.
Net daar het @SOLD besluit dit is ‘n blink gedagte en hulle het aangebied om die ablusiegeriewe te bou. Arona en die argitek Nicolette Gammon het die ontwerp van die badkamers gedoen en Francois en Tommy Miller van TMC Konstruksie het die bouery hanteer. Mogolklub het die planne ingedien en goedgekeur gekry en die bal was aan die rol!
Die damesgholfklubkomitee is baie opgewonde oor dié byvoeging. En daar is boonop nie baie gholfbane wat kan spog met dié ekstra gerief nie!
Die ablusiegeriewe is Woensdag amptelik aan die klub oorhandig. Die klub is egter van nou af self verantwoordelik vir die instandhouding van die gebou en geriewe en hulle moet ook toesien dat daar seep en skoon handdoeke in die badkamers is.
Nou kan daar met nuwe ywer gholf gespeel word!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.