@Sold prestige gholfdag

Arona Rossouw, wenners Johan Nel en Ivan Smith, Bloubul pom-poms en Francois Campher
Arona Rossouw, wenners Johan Nel en Ivan Smith, Bloubul pom-poms en Francois Campher

Ria Wells
LEPHALALE — @ Sold Eiendomme het Saterdagaand hul prestige gholfdag aangebied met die gewilde Steve Hofmeyr wat die gaste tot laataand vermaak het. Die bloubul pom-poms het die dag meegemaak en gesorg vir ‘n fees vir die oog.
Daar was spogpryse op die spel en tydens die prysuitdelingsfunksie het ‘n aangename atmosfeer geheers. Arona Rossouw en Francois Campher, eienaars van @ Sold, bedank elke speler en elkeen wat bygedra het tot die reuse sukses van die gholfdag.
Manswenners:
Sun City-verblyf en 4 ball gholf: Johan Nel en Ivan Smith wat in die eerste plek klaargemaak het; Lugversorgers: Robert Barnard en Marcus Schreuder; Braaiers: Natie Pretorius en Ruan Besseling; Koelboks: Danie Eloff en Riaan de Lange; Kompressors: Engela Nel en Martin Nel; Hoëdrukspuit: Shane Pienaar en Alwyn Vermeulen; Espresso-masjien: Francois Campher en Hilton; Kurktrekker – SupaQuick koopbewys: Loy Loubser en Johan du Plessis; Cape Union Mart koopbewys: Riaan Nel en AW Besseling; SupaQuick koopbewys: Eddie Jacobs jr en Thebe Jacobs.
Dameswenners:
1ste Dames wen Poetry handsakke: Cindy Muller en Caroline Louw; 2de Dames wen leerbeursies: Bianca Smith en Dorette Steyn;
Perfect 10 koopbewys plus syserpe: Yvette Victor van den Berg en Natali Espag; Cappuccinos-koopbewys en syserpe: Mellisa Pieterse en Carmen Reyneke.
Juniorwenners:
JBL Bluetooth luidsprekers: JP Smith en Quinn Harmse.
Chippingwenner:
Vrieskas ter waarde van R10 000 word gewen deur Gerhardus van Deventer.
Langste dag op die baan was Derick Venter en hy wen ‘n veerpyltjiebord.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.