Soutpan-pad onbegaanbaar

Na hewige stortreën in die Soutpanarea is ʼn gedeelte van die pad totaal onrybaar. Boere sê die Soutpanpad was voorheen voos gery deur sementtrokke, en die reën het nou die oorblywende oppervlakte totaal vernietig. Sommige boere kan slegs via aangrensende plase toegang na ander paaie kry. Die situasie lyk beroerd en herstel van die pad moet dringend gedoen word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.