Spanwerk by kompleks

Op 20 Februarie het die inwoners van Waterkloof Park hande gevat en self rondom hul kompleks begin skoonmaak. Die inisiatief is begin toe daar twee slange binne ʼn week by die kompleks gekry is.

Slange soek skuiling teen die nat weersomstandighede en inwoner Charlene de Klerk het voorgestel dat hulle die terrein om die kompleks skoonmaak. Die regspersoon van die kompleks is gekontak en saam het hulle die bal aan die rol gesit. Waterkloof Park se tuindienste was ook gretig om behulpsaam te wees en het eerste ingespring om te help.

Charlene sê dat as mens die bos rondom die sentrum met ʼn koek vergelyk is hulle skoonmaaksessie slegs die kersie in die middel van die koek. Die inwoners is egter gemotiveer om die res van die bos ook skoon te maak.

Charlene bedank almal wat bygedra het tot die eerste ronde van die skoonmaak en sê dit is beslis nie die laaste opruiming by Waterkloof Park nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.