Spel speel-speel en speel spel-spel

SWARTWATER — Korrekte spelling is ’n voorvereiste vir effektiewe geskrewe kommunikasie. Dit speel ʼn groot rol in leerders se akademiese prestasie op skool, asook in die ontwikkeling van leerders se potensiaal om uiteindelik naskoolse opleiding te ondergaan, finansieel vooruit te kan gaan en waardige, suksesvolle landsburgers te word.
Dié woorde is deel van die Woorde Open Wêrelde (WOW)-spelfees se beskrywing om die noodsaaklikheid daarvan om korrekte spelling reeds op ʼn jong ouderdom aan te leer te beklemtoon. Die WOW-spelfees is deel van die Woordfees wat elke jaar in Stellenbosch aangebied word.
Vyf leerders van Laerskool Unitas in Swartwater het Vrydag 1 September aan die provinsiale uitdunne van Sanlam se WOW-spelfees by die Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane (Potgietersrus) deelgeneem.
Hulle is op die foto regs v.l.n.r.: Peter Beukes en Elza Zietsman (graad 3) en agter: Paula Horn, Josef Joubert en Zurika Venter (graad 7)

Die graad 7-leerders van Laerskool Unitas wat deurgedring het na die nasionale kompetisie in Stellenbosch is Zurika Venter en Josef Joubert. Zanika het ʼn vierde plek behaal (die eerste vier plekke dring deur na nasionaal) en Josef het vir die tweede agtereenvolgende jaar ʼn eerste plek behaal.
Op die foto onder is: Joekie Lessing van Hoërskool Piet Potgieter wat die provinsiale kompetisie reël, Zurika Venter van Laerskool Unitas, Tanya Kruger van Laerskool Pietersburg-Oos, Josef Joubert van Laerskool Unitas, Anke Weideman van CVO Potgietersrus, Shireen Crots van die Universiteit van Stellenbosch en betrokke by die reëlings vir die Woordfees en Jimmy Steele, skoolhoof van Hoërskool Piet Potgieter.

 

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.