Spoedhobbels

Nadat spoedhobbels by die verkeersligte by Nelson Mandela en Ngoako Ramathlodirylaan aangebring is, het die motorongelukke daar afgeneem. Omdat die TVET College daar geleë is, was daar ook sporadiese gevalle van voetgangers wat raakgery is.

ʼn Leser het vir Mogol Pos gesê hy stel voor dat spoedhobbels ook by die ander verkeersligte aangebring word want baie bestuurders oortree meer padreëls daar as byvoorbeeld by stopstrate. ʼn Voorbeeld is as ʼn verkeerslig rooi word, daarna soms tot drie voertuie voortsnel oor die rooi lig. Hy sê dat spoedhobbels bestuurders laat spoed verminder en hulle dan meer bewus is van wat om hul aangaan.

Omdat oortreders by verkeersligte nie afgetrek en beboet word nie, is dié voorstel dalk nie so verregaande nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.