Springbok Herman

LEPHALALE — Die Suid-Afrikaanse-ringbaltoernooi was van 22-29 Junie in Pretoria gehou en die spanne van Mogol-ringbalklub het baie goed gevaar.

Herman Lombard verwerf sy Springbokkleure vir die tweede agtereenvolgende jaar en hy was ook deel van die o. 11A-Limpopo-seunspan wat silwer medaljes huis toe gebring het. Dit verseker hulle posisie as tweede beste span in Suid-Afrika.

Herman word ook aangewys as Speler van die Jaar.

Die lede van Mogol-ringbalklub wens Herman baie sterkte toe met die wedstryde wat voorlê – die SA-vertoonwedstryde word op 9 en 10 Augustus in Durban gespeel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.