SrixZone help kinderhuis

Christine, Lindsey, Marnelle, Morne, Bianca, Zene en Jolene van SrixZone en Kinderkinetika het Saterdag 18 Maart die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle besoek

LEPHALALE – Personeel van SrixZone Health and Fitness het Saterdag 18 Maart die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle besoek en ‘n groot bydrae gelewer met fondsinsameling vir die kinderhuis.
Twee voertuie, ‘n bakkie en ‘n dubbel-as sleepwa vol voedsel is aan die kinderhuispersoneel oorhandig.
Die Fellowship Alliance South Africa, ‘n groep sendingwerkers vanuit New Jersey, Amerika, het op die dag gehelp met opvoedkundige speletjies.
Verskeie ander plaaslike borge het ruim bygedra om ‘n suksesvolle dag te verseker. Plaaslike kleuterskole het ook teen mekaar gekompeteer om die meeste goedere in te samel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.