Steenbokpan vier liefde en lede

Agter is Surita Steenkamp, Annette Bousema, Ilana Venter en voor: Joan Beukes, Dalene du Plessis, Tharina Pelser en Mimi Oelofse

STEENBOKPAN — Die dames van Steenbokpan VLU het Dinsdag 14 Februarie ‘n heerlike Valentynsvergadering gehou by Dalene du Plessis se lodge.
Finale reëlings is getref vir Bosveld se jaarlikse konferensie wat deur Steenbokpan aangebied word op 8 Maart.
Twee splinternuwe lede het onlangs by Steenbokpan VLU aangesluit, naamlik Sandra van Staden en Maryke Fourie.
Van die lede het ook die Bosveld Streekkonferensie bygewoon en baie geleer. Die dames sê hulle sien baie uit na die jaar se bedrywighede en veral na die konferensie wat voorlê.
Hulle volgende vergadering word op 4 Maart gehou. Skakel Joan Beukes by 014 766 0186 of Ilana Venter by 014 779 0608 vir meer inligting oor Steenbokpan VLU se bedrywighede.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.