Steenbokpan VLU — pure lekkerte!

STEENBOKPAN — Die dames van Steenbokpan VLU het verlede week ‘n heerlike Valentynsvergadering by Dalene du Plessis se lodge bygewoon.
Kompetisie-artikels vir die konferensiebeoordeling is ingehandig.
Liliana Beukes het die kuns om bruintjies te bak aan die dames verduidelik. Mimi Oelofse het meer inligting gegee om avokadopere te preserveer. Lily Maree het gewys hoe om die oulikste stoffer te maak van ‘n ou draadhanger en afvalwol.
Die dames is behoorlik bederf vir Valentynsdag – kompleet met hartjieaartappels en ‘n sjokoladefondue deur Dalene du Plessis en Ilana Venter.
Die tak se volgende vergadering is 8 Maart 2016. Skakel Joan Beukes by 014 766 0186 of Ilana Venter by 014 779 0608 vir meer inligting.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.