Steenbokpan VLU saam

Surita Steenkamp met VLU Noord-kalender waarvan sy die sketse gedoen het
Surita Steenkamp met VLU Noord-kalender waarvan sy die sketse gedoen het

STEENBOKPAN — Steenbokpan VLU se dames het die jaar afgeskop met ‘n verjaarsdagpartytjie by Retha Human ter viering van die tak se dertiende verjaarsdag. Die tak is op 22 Januarie 2003 gestig.
Die tema van die geleentheid was Hawaii en die dames het pragtig gelyk met hulle vrolike klere en blomme in die hare.
Die vergadering is begin deur ‘n gebedsketting te hou vir mede-VLU-lede van ander provinsies wat ook gebuk gaan onder die vreeslike droogte, veral in Noord-Wes.
Die dames het hulle splinternuwe jaarprogramme ontvang en kompetisie-artikels is beoordeel vir die konferensie. Joan Beukes het aan die lede gewys hoe om in drie stappe ‘n beertjie te maak van ‘n gewone kous. Dit sal sommer as projek ingespan word en later in die jaar uitgedeel word. Die taklede is verskriklik trots op Surita Steenkamp wat gekies is as VLU Noord se Persoonlikheid van die Jaar. Sy was ook verantwoordelik vir die sketse vir VLU Noord se jaarkalender en sy is genomineer as een van Finesse tydskrif se Doen-goed-voel-goed-vroue van Limpopo. ‘n Vriendin om op trots te wees!
Skakel Joan Beukes by 014 766 0186 of Ilana Venter by 014 779 0608 vir meer inligting oor die tak se bedrywighede. Die volgende vergadering vind plaas op 9 Februarie met die tema “Valentynsdag”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.