Steenbokpan VLU sluit af

Lede wat laaste vergadering bygewoon het is v.l.n.r.: Sandra van Staden, Hannelie Wessels, Ann Currie, Trudie Venter, Tharina Pelser, Lorraine Frost, Ilana Venter, Joan Beukes, Dalene du Plessis, Mimi Oelofse en voor: Bets Beukes en Lily Maree

STEENBOKPAN — Steenbokpan VLU se laaste vergadering vir 2017 is onlangs by Joan Beukes se huis gehou.
ʼn Oorsig is gedoen oor ʼn besige 2017 en hulle sê vanjaar se hoogtepunt was beslis die konferensie wat Steenbokpan VLU in Maart aangebied het.
Beplanning is gedoen vir volgende jaar waarna daar afskeid geneem is van Bets Beukes en Lily Maree. Hulle sê weens ouderdom het dit vir hulle baie moeilik geword om die vergaderings by te woon.
Steenbokpan VLU se lede sê hulle sien uit na ’n nuwe jaar vol bedrywighede.
Skakel Joan Beukes by 014 766 0186 of Ilana Venter by 014 779 0608 vir meer inligting oor die tak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.