Stokkies kap dit uit

LEPHALALE — Saterdag 17 Junie was beslis nie ʼn stokkiesdraaidag by die Stokmannetjie Kleuterskoolsportdag nie. Klein en groot het lustig deelgeneem en die kleintjies het, sommiges met mammas en pappas aan die hand, die wenstreep gehaal.

Op julle merke, gereed, gaan!

Ouers, oumas en oupas in verskillende ouderdomsgroepe het ook deelgeneem tot groot vermaak van die toeskouers.

Phillipina Grobler, skoolhoof van Stokmannetjie Kleuter- en Naskool, bedank almal wat die sportdag saam met hulle geniet het.

Verskeie kos- en speelgoedstalletjies was ʼn uitstekende trekpleiser vir die kleintjies en Riana Bronkhorst van KANSA Limpopo was ook soos altyd op haar pos by die KANSA-stalletjie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.