Stopteken-raaisel

LEPHALALE — Die stopteken op pad na Medupi by die Afguns-afdraai (dit was altyd ʼn drierigtingstop) is afgesaag en die stop wat op die teerpad geverf was is toegeverf.

Menige padgebruiker, veral besighede met swaar voertuie wat daagliks na Medupi ry om vragte af te laai, het Mogol Pos geraadpleeg en hulle frustrasies gedeel.

Volgens die eienaar van een van die besighede wie se trokke daagliks heen en weer ry na Medupi, staan van die bestuurders tot 40 minute voordat hulle kan indraai vanaf die Afguns-pad – veral gedurende spitstyd wanneer hulle moét ry.

Verskeie persone is genader in verband met die dilemma maar teen druktyd kon Mogol Pos nie met sekerheid vasstel wie die besluit geneem en op grond waarvan dit geneem is nie.

Enigiemand met inligting oor bogenoemde stuur asseblief ʼn e-pos na sub@mogolpos.co.za

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.