Strik verniel koei

‘n Boer het hierdie koei gekry waar sy rondgedwaal het op ‘n pad buite Lephalale. Die dier was vasgevang in ‘n strik. Hy het Lephalale DBV geskakel en Archie, ‘n werknemer by die DBV, het na die koei gaan kyk. Die strik is verwyder en haar wonde was met antibiotika behandel. Sy het ongelukkig een van haar oë verloor, maar teen druktyd was haar toestand heel bevredigend. Werkers van die DBV sou haar Woensdag gaan haal en eers by hulle hou en versorg totdat sy heeltemal gesond is waarna sy na ‘n veilige plek geneem sal word.
Die DBV doen ‘n beroep op die hele gemeenskap om nie strikke te stel nie. “Dit is wreed en baie pynlik” sê hulle.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.